BON Hotels wil SA bedry wingsgewender mask – by SAKE24 (Beeld)

Die jongste raminge dui daarop dat meer as 20% van die hotelle in Suid-Afrika nie winsgewend is nie en ‘n groot aantal is onder druk, volgens Guy Stehlik, uitvoerende hoof van BON Hotels.

Dit is veral wildreservate, vyfster-boetiekhotelle en afgelee klein hotelle op die platteland wat volgens hom onder druk verkeer. Daarom is dit volgens hom belangrik of Baste meen ‘n hotel hied waarde vir geld. Stehlik meen daar is ‘n behoefte in die plaaslike hotelmark aan ‘n bestuurs- en bemarkingsgroep wat bestaan uit mense wat ervare in die bedryf van hotelle is en bykomende waarde kan skep.

Daarom het by en sy vennoot John Saliba ‘n nuwe hotelbestuurs- en -bemarkingsgroep in Kaapstad bekend gestel. Albei het baie ervaring in die hotelbedryf.

BON Hotels wil aanvanklik op die SuidAfrikaanse mark fokus en later ook in Afrika en internasionaal uitbrei. Stehlik wys daarop dat die Suid-Afrikaanse hotelsektor onder druk verkeer ten spyte daarvan dat binnelandse toeristegetalle vanjaar 8,3% hoer was as in 2011 en buitelandse toeriste-aankomste vanjaar met 11,3% toegeneem het.

Die getal toeriste uit Asie wat Suid-Afrika vanjaar besoek het, is tot dusver ook 24% meer as verlede jaar, volgens Stehlik.

Sign Up for Our Newsletter & Specials

close-icon

Sign up for our Good News

By clicking “Subscribe” you accept the
Policy Privacy