BON Hotels wil deur bestuur en bemarking waarde toevoeg – by SAKE24

Meer as 20% van die hotelle in Suid-Afrika is nie winsgewend nie en ‘n groot aantal is onder druk, volgens Guy Stehlik, uitvoerende hoof van BON Hotels. Veral wildreservate, vyf ster-boetiekhotelle en afgelee klein hotelle op die platteland verkeer volgens hom onder druk. Daarom is dit belangrik of Baste meen ‘n hotel hied waarde vir geld.

Stehlik meen daar is ‘n behoefte aan ‘n bestuurs- en bemarkingsgroep wat bestaan uit mense wat ervare in die bedryf van hotelle is en bykomende waarde kan skep. Daarom het by en sy vennoot John Saliba ‘n nuwe hotelbestuurs- en -bemarkingsgroep in Kaapstad bekend gestel. Albei het baie ervaring in die hotelbedryf. BON Hotels wil aanvanklik op die SuidAfrikaanse mark fokus.

Stehlik wys daarop dat die Suid-Afrikaanse hotelsektor onder druk verkeer ten spyte daarvan dat binnelandse toeristegetalle vanjaar 8,3% hoer was as in 2011 en buitelandse toeriste-aankomste met 11,3% toegeneem het.

Sign Up for Our Newsletter & Specials

close-icon

Sign up for our Good News

By clicking “Subscribe” you accept the
Policy Privacy